Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - George-streekatlete het verlede Saterdag geskitter by ASWD- (Eden en Karoo Opvoedkundige Distrikte) kampioenskappe op die De Jagers-sportkompleks in Oudtshoorn.
Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) se atlete het 17 eerste plekke behaal.
Philip Kleynhans van Hoër Landbouskool Oakdale het ook uitsonderlike prestasies behaal vir seuns o.15 toe hy sy eie rekord in gewigstoot van (16,96 m), wat hy in 2017 opgestel het, verbeter het na 17,41 m (916 punte).
Hy het ook die diskustitel gebuit met ‘n afstand van 56,30 m (900 punte). Kleynhans het die beste prestasie vir 'n seunsatleet behaal.
Die blits van Hoërskool Outeniqua, Theron Human, was die vinnigste man by die byeenkoms.
Hy het die 100 m (seuns o.19) in en (10:69 vir 860 punte) en die 200 m (22:22 vir 790 punte) gewen.
Meike Strydom, ook van die Kwaggas, het die beste prestasie van die byeenkoms behaal.
Sy het die gewigstoot (dogters o.19) in ‘n nuwe rekordafstand van 14,28 m vir 948 punte gewen.
Sy het ook die diskustitel met ‘n nuwe rekordafstand van 42,12 m vir 906 punte ingepalm.
Die Kwagga Hanno du Plessis het die hamergooi vir seuns o.19 met ‘n puik afstand van 61,70 m (vir 904 punte) gewen.
Cohen Gallant (York High) het ook ‘n uitsonderlike prestasie behaal toe hy die 200 m (seuns o.17) in ‘n nuwe rekordtyd van 21:35 (910 punte) afgeblits het.
Cohen het ook die 100 m in 11:05 (816 punte) gewen.
In die paalspring het die Kwaggas oorheers. Juan Terblanche het die seuns o.15 (3,0 m), Marnell Coertze seuns o.19 (3,8 m) en Simonn Swanevelder dogters o.19 (3,10 m) het rekords laat tuimel.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn,
Kyk 'n video hieronder
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'