OUDTSHOORN NUUS - Nickyle Augustus van Laerskool Laurus is die as kaptein van die SWD o. 13 Cravenweekspan aangewys, terwyl Jeandrè Alberts van Laerskool Wesbank as onderkaptein benoem is.
Die span vertrek Donderdag 25 Junie vir 'n oefenkamp ter voorbereiding vir die Cravenweek wat op 29 Junie afskop.
Verskeie talentvolle spelers van Oudtshoorn is in die SWD Cravenweekspan ingesluit.
Die spelers is:
- Daniël Nel (Laerskool Wesbank)
- Jeandré Alberts (onderkaptein - Laerskool Wesbank)
- Llyle Titus (Laerskool Laurus)
- Ashley Davids (Laerskool Wesbank)
- Nickyle Augustus (kaptein - Laerskool Laurus)
- Chanlon Cupido (Sacred Heart)
- Jaiden Simon (Laerskool Wesbank)
- Le Roux Delport (Laerskool Wesbank)
Die groep verteenwoordig die streek se beste jong talent en sal poog om SWD met trots by die nasionale toernooi te verteenwoordig.
Jeandré Alberts. Foto: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’