OUDTSHOORN NUUS - St. Konrad Primêr was deel van 11 skole wat deelgeneem het aan die marsjeer- en dril-orkeskompetisie wat deur Safe Schools georganiseer is.
Die skole was in drie groepe verdeel. Die groepe waaronder St. Konrad se orkes deelgeneem het het vier toekennings ontvang.
Toekennings was vir:
1. Beste geklee (3de)
2. Beste trommajeur (1ste)
3. Openingmars (2de)
4. Uitstalling (2de)
Die span-bestuurder, Dawn Geswindt, is trots op die skool se orkes en bedank die betrokke persone wat tyd gemaak het om die leerders in so 'n kort tydjie gereed te kry vir die kompetisie.
"Danie aan Grant en Jaylin Lewis en Suzette Damons vir hul harde werk en deursettingsvermoë tydens die voorbereiding sodat die leerders gereed kon wees vir hul eerste kompetisie. Ons is ook dankbaar aan ieder en elk wat die pad saam ons gestap het."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’