OUDTSHOORN NUUS - Die atlete van Laerskool Laurus het puik gevaar in hul kleuresport wat verlede week plaasgevind het.
Volgens SW Vorster kon van die leerders daarin slaag om rekords, wat al 'n geruime tyd staan, te breek.
Die amptelik afstande en tye sal later bekendgemaak word.
Rekords gebreek
Nickyle Augustus (o. 12) kon daarin slaag om drie rekords in verskeie items te breek. Sy het die verspringrekord van Quiwine Louw, wat sedert 2016 staan, gebreek. Sy het ook Acelino Beukes se 100 m-rekord van 2022 en Aldo van Wyk se 150 m-rekord van 2023 gebreek.
Maya Pieter (o. 9) het Desire Luiters se rekord in die 1 200 m, wat in 2012 opgestel is, gebreek.
Lyle Titus (o. 12) het die 75 m-hekkies-rekord van Arno Swiegelaar (2008), sowel as die 150 m-hekkiesrekord van Farrel-Leigh Dido wat in 2020 opgestel is gebreek.
Philip Fourie (o. 10) breek die 80 m-rekord van 2002 van Juan Julies.
Levi Conradie (o. 9) breek die verspringrekord van A Knecht van 2009.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’