Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Geskiedenis is gemaak op Woensdag 15 Januarie met die amptelike opening van vyf nuwe spesiale onderwysklasse in Dysselsdorp.
Die opening van die klasse sal nou kwaliteit onderig verseker vir kinders wat spesiale aandag nodig het.
Ongeveer 100 leerders met spesiale behoeftes van Dysselsdorp sal voordeel trek deurdat hulle nou kan spog met hul eie klaskamers.
Die droom om die spesiale klasse op die been te kry het harde werk gekos en baie beplanning. Dysselsdorp Primêr het nou drie klasse vir leerders met spesiale behoeftes terwyl PJ Badenhorst een klas gekry het en Dysselsdorp Primêr ook een klas.
Die toevoeging tot die drie skole beteken ook dat leerders nou van graad een tot matriek kan skoolgaan terwyl hulle toegerus word met die nodige vaardighede om na skool 'n loopbaan te kan volg.
GALERY: Dysselsdorp maak geskiedenis
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’