Update
OUDTSHOORN NUUS - Een van die verdagtes in die Preston Titus-moordsaak, Maggie Titus, ‘n Oudtshoorn munisipale raadslid, weier om die nodige dokumentasie te onderteken om haar van haar setel as raadslid te onthef.
Maggie word in die Oudtshoorn Korrektiewe Dienste se vroue-afdeling aangehou.
Haar borgaansoek is geskeduleer om môre, Woensdag 28 Februarie, in die Oudtshoorn-landdroshof voort te gaan.
Die ANC het reeds haar party-lidmaatskap tydelik opgesê, hangende die uitslag van die verhoor.
ANC-streekvoorsitter, Klaasie Windvogel, het vanmiddag gesê dat hulle (die ANC bestuur) reeds op meer as een geleentheid met haar gekonsulteer het oor die opheffing van haar posisie in die raad.
“Maggie weier om die nodige dokumentasie te onderteken en het te kenne gegee dat sy eers met haar regsverteenwoordiger oor die kwessie wil konsulteer.”
Windvogel het wel gesê, “indien sy nie die dokumentasie onderteken nie, sal die ANC ingryp en stappe neem om haar te onthef.
“Indien sy nie van haar setel in die raad onthef is nie, kan die ANC nie met die proses voortgaan om ‘n proporsionele raadslid in haar plek in te sweer nie.”
Lees vorige artikels
- Borgtogaansoek steeds aan die gang
- Weermagmoord: Gerugte oor arrestasie onwaar
- Polisgeld dalk moordmotief
- ANC skors Magdaleen Titus tydelik
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'