KANNALAND NUUS EN VIDEO - Jeffrey Donson is sy amp as burgemeester van Kannaland kwyt na drie mosies van wantroue vandag tydens ‘n spesiale raadsvergadering ingedien is.
Die drie mosies was teen Donson, Werner Meshoa (onderburgemeester) en die verteenwoordiger van Kannaland-munisipaliteit op die Garden Route-distriksraad, Hyrin Ruiters.
Nicky Valentyn van die ANC is tot burgemeester verkies. Valentyn was die speaker van die raad en moes dus vervang word en Rodge Albertus van die Kannaland Independent Party (KIP) is as die nuwe speaker verkies.
Leonie Stuurman (ANC) is die nuwe onderburgemeester en Aletta Steenkamp (DA) verteenwoordig nou Kannaland op die Garden Route-distriksraad.
Die raadsvergadering, wat normaalweg in Ladismith gehou word, was vir die mosies na Calitzdorp verskuif.
Daar was ‘n groot polisie teenwoordigheid voor die stadsaal.
Geen toeskouers is toegelaat weens Covid-regulasies nie.
Donson het tydens die vergadering die geldigheid van die vergadering betwis, omdat die datum op van die dokumente verkeerd was. Aletta Steenkamp het egter gewys dat die datumstempel korrek was.
Valentyn het na sy verkiesing gesê: “Kannaland se herstelplan begin vandag. Ek vra vir die gemeenskap om ons ‘n kans te gee, want ons mense kry baie swaar.”
Van links is Rodge Albertus (speaker), Nicky Valentyn (burgemeester), Leonie Stuurman (onderburgemeester) en Aletta Steenkamp (nuwe verteenwoordiger op die distriksraad).
Daar was ‘n groot polisie teenwoordigheid voor die stadsaal.
Geen toeskouers is toegelaat weens Covid-regulasies nie.
Donson het tydens die vergadering die geldigheid van die vergadering betwis, omdat die datum op van die dokumente verkeerd was. Aletta Steenkamp het egter gewys dat die datumstempel korrek was.
Valentyn het na sy verkiesing gesê: “Kannaland se herstelplan begin vandag. Ek vra vir die gemeenskap om ons ‘n kans te gee, want ons mense kry baie swaar.”
In ‘n verklaring wat hy na die vergadering uitgereik het, sê hy dat Donson se verwydering as burgemeester ‘n ernstige boodskap van hul verbintenis tot verantwoordelike plaaslike regering, waar Kannaland se mense eerste gestel word, uitstuur.
“Die raad sal binnekort ‘n omvattende strategie en praktiese programme bekendstel om die kwessies van werkloosheid en armoede verligting in Kannaland se gemeenskap aan te spreek. Ons gaan veral op die ontwikkeling van jeug en vroue fokus,” het hy gesê.
Ondersteuners van die ANC het na die raadsvergadering gejuig toe die nuwe burgemeester, speaker en onderburgemeester uit die saal kom:
Voor van links, is: Rodge Albertus (speaker), Leonie Stuurman (onderburgemeester) en Nicky Valentyn (burgemeester). Foto: Deon Meyer
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'