OUDTSHOORN NUUS - Mosies van wantroue gaan môre in 'n spesiale raadsvergadering teen die burgemeester van Kannaland, Jeffrey Donson, Werner Meshoa (onderburgemeester) en die verteenwoordiger van Kannaland-munisipaliteit op die Garden Route-distriksraad, Hyrin Ruiters, ingedien word.
Volgens 'n betroubare bron sal die raadsvergadering in Calitzdorp gehou word.
Volgens die bron handel die mosie teen Donson onder meer oor die negatiewe publisiteit waaronder die munisipaliteit deurgeloop het weens sy skuldigbevinding aan statutêre verkragting in 2008.
Die mosie teen Meshoa handel oor sy skuldigbevinding aan bedrog en regsverydeling in 2021. Die raad voel ook dat Ruiters nie belange van die Kannaland-munisipaliteit op die hart dra nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'