Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Jubelende Jeffrey Donson (Icosa) kort nadat hy vanoggend tot burgemeester van Kannaland verkies is na 'n samewerkingsooreenkoms met die ANC.
Die voormalige speaker van die Kannaland-raad, Werner Meshoa (Icosa), wat onlangs aan bedrog en regsverydeling skuldig bevind is, is tot onderburgemeester verkies.
Nicky Valentyn van die ANC is die nuwe speaker.
Die ander raadslede is: Rodge Albertus (KIP), Aletta Steenkamp (DA) en Leonie Stuurman (ANC) Hyrin Ruiters (Icosa) verteenwoordig Kannaland op die Garden Route-distriksmunisipaliteit.
Kyk 'n verskafde video:
Nicky Valentyn van die ANC is die nuwe speaker. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'