OUDTSHOORN NUUS - 'n Oud-polisiegeneraal, Okkie Terblanche, is pas as die Demokratiese Alliansie (DA) se nuwe verkiesingshoof in Oudtshoorn aangestel.
Hy is ook 'n DA-parlementslid en die party se adjunkskaduminister belas met polisie-aangeleenthede.
Terblanche was vir 40 jaar in die polisie en het in 2010 as polisiegeneraal afgetree.
As parlementslid beplan hy om 'n oorsigrol te speel en by verskeie plaaslike organisasies betrokke te raak.
Mnr Terblanche sê het het geen agendas nie en hy poog altyd om die regte ding te doen in belang van die dorp se inwoners.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'