Update
OUDTSHOORN NUUS - Die munisipaliteit het vandag bevestig dat die uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, weer vandag sy werksaamhede in sy amp hervat het.
In ‘n persverklaring oor opgradering by die lughawe wat Aurelia Oliphant, woordvoerder van die munisipaliteit, vanoggend uitgestuur het, was die burgemeester reeds in die tuig en besig om ‘n sooi te spit.
Sy terugkeer volg nadat die DA se federale uitvoerende raad ongeveer sewe weke gelede beslis het dat Sylvester ses weke met verlof moet gaan hangende ‘n ondersoek deur die DA oor klagtes oor hom.
Pogings van die Oudtshoorn Courant die afgelope aantal dae om ‘n antwoord by die DA te kry oor die verloop of resultaat van die ondersoek is met totale stilswye begroet. Die navraag is aan verskeie DA-lede op streeks- en provinsiale vlak gestuur, maar geen reaksie in ontvang nie.
Daar was ook geen reaksie van die Anton Bredell, Wes=Kaapse minister van plaaslike regering oor die klagtes wat maande gelede deur die burgemeester teen die munispale bestuurder, Allen Paulse, ingedien was nie.
Paulse is reeds ‘n geruime tyd met siekverlof.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'