Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - André Barnard is vandag Vrydag 27 Junie tydens 'n spesiale raadsvergadering, as Oudtshoorn Gemeenskapsinisiatief (OGI) se nuwe raadslid ingesweer.
Dit volg na Colan Sylvester op 4 Junie weens gesondheidsredes en sy persoonlike welstand bedank het.
Sylvester, wat bykans 10 jaar op die Oudtshoorn munisipale raad gedien het, was 'n proporsionele lid.
Hy was ook 'n lid van die burgemeesterskomitee as voorsitter van finansies.
Pat Sambo, OGI se sekretaris-generaal, het Barnard se aanstelling bevestig."Barnard is reeds sedert 2021 by OGI betrokke.
Oudtshoorn-onderburgemeester, Zoë Mziwoxolo Tyatya, en speaker, Suzane Jansen, André Barnard en Oudtshoorn-burgemeester, Johan Allers. Foto: Louise Mouton
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’