OUDTSHOORN NUUS - André Barnard word Vrydag 27 Junie tydens 'n spesiale raadsvergadering, as Oudtshoorn Gemeenskapsinisiatief (OGI) se nuwe raadslid ingesweer.
Dit volg na Colan Sylvester op 4 Junie weens gesondheidsredes en sy persoonlike welstand bedank het.
Sylvester, wat bykans 10 jaar op die Oudtshoorn munisipale raad gedien het, was 'n proporsionele lid. Hy was ook 'n lid van die burgemeesterskomitee as voorsitter van finansies.
Pat Sambo, OGI se sekretaris-generaal, het Barnard se aanstelling bevestig.
"Barnard is reeds sedert 2021 by OGI betrokke. Hy was 'n wykskandidaat en is ook op die proporsionele lys van OGI."
Sambo het Sylvester hartlik bedank vir sy onbaatsugtige diens en toewyding aan die gemeenskap van Oudtshoorn tydens sy tyd as raadslid.
"Ons wens hom sterkte toe en hoop dat hy sal herstel. Hy bly waardevol en ons het groot waardering vir dit wat hy as raadslid en leier van OGI vermag het."
OGI is een van die partye wat in Augustus verlede jaar deel geword het van die regering van plaaslike eenheid.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’