Update
BEAUFORT-WES NUUS - Die DA se oorname van politieke regering in Beaufort-Wes op 19 Junie, was van korte duur.
Met die dorp se regering wat wipplank ry sedert Augustus 2016, het die ANC en Karoo Democratic Front (KDF) gister weer die sewe setel raad met vier teenoor drie stemme teruggewen.
Dit volg na die Kaapse hooggeregshof in Februarie 2018 die ANC/KDF-mosie van wantroue in die dorp se burgemeester, Japie van der Linde en die speaker Euna Wentzel (beide DA), as ongeldig verklaar het.
Die hof het beslis dat met die indien van die mosie, die regte prosesse nie gevolg is nie.
Noël Constable (KDF) het in Februarie sy steun aan die DA opgesê en hom by die DA geskaar. Vir hierdie stap is hy met die burgemeesterskap beloon.
Truman Prince (ANC) is as onderburgemeester ingestem en Micheal Matsoane as speaker.
Met Dinsdag 19 Junie se hofuitspraak het die DA weer beheer oor die raad geneem. Daylin Mitchell, die DA verkiesingshoof en lid van die parlement vir Beaufort-Wes en die Karoo-streek, kon nie ontken dat indien die ANC die regte prosedure volg, die DA se oorname van korte duur sal wees.
Minder as twee weke later is Constable Dinsdag weer as burgemeester ingesweer.
Prince en Motsoane het ook hul poste as onderburgemeester en speaker teruggewen.
Lees 'n verwante artikel: Hof beslis in Beaufort-Wes DA se guns
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'