Met die Most Wicked Motor Show Saterdag het amper 3 000 belangstellendes by die De Jager-sportterrein saamgedrom om hulle te verlustig in "gepimpte" karre en "boom-boxes" wat vensters laat ratel het.
Motors met klanktoerusting en omgeboude vuurwaens het Saterdag meegeding om te kyk wie se klanktoestel die meeste en mooiste kan raas, wie se motor is die blinkste en watter vuurwa skop die meeste kw uit.
Die motorskou is die aand opgevolg met lewendige musiek op die KKNK se voorloper tot volgende jaar se Top-40 verhoog. Daantjie Kat was ook byderhand om die jongspan op 'n vermaaklike wyse oor padveiligheid in te lig.
En, vir diegene wat Saterdag nie genoeg van brullende enjins kon kry nie het Sondag se Toy Run wat meer as 400 motorfietse vanuit die hele Suid-Kaap gelok het, gesorg vir nog heerlike kykgenot.
Sien nog foto's hier.

Plaaslike motorentoesias, Boeboe Meyer en sy seuntjie Jardian by die pragtige 1970 Ford Capri Perana wat hy self gerestoureer en opgebou het.