GEORGE NUUS - Honda George het met geesdrif die nasionale Dream-dag-wedstryd aangebied waarin toetsbestuurders 'n vakansie op Mauritius kan wen.
Deelnemers moes op 14 Oktober inskryf om voor die einde van die maand 'n Honda- sportnuts (SUV) op 'n werksdag te toetsbestuur.
Die voertuig is onlangs deur Honda voorgestel as die "gewildste sportnuts ter wêreld" aangesien dit totale internasionale verkope van 9 miljoen behaal het sedert die oorspronklike bekendstelling in 1995.
Die nuweling se vyfde generasie-model is in middel-Augustus in Suid-Afrika bekendgestel en is sedertdien as die beste vanuit 'n ander land by die onlangse Maleisiese motorskou benoem.
Die ster van die Honda Dreams-pretdag, Honda se nuwe CR-V sportnuts.
Die mooi voertuig is ook veilig: die sportnuts het vyf sterre behaal in die NCAP (New Car Assessment Programme) vir Suidoos-Asië.
Dit is die eerste voertuig om hierdie erkenning te kry onder 'n strenger toets-protokol wat in Januarie ingestel is.
Die CR-V het 'n indrukwekkende algehele telling van 88,8 uit 100 behaal vir 'n frontale impakbotsing, sybotsing-impaktoets en veiligheidtoerusting.
Daar is ook 'n goeie telling behaal vir beskerming van insittende volwassenes, kinders in die voertuig asook die bystandtoerusting vir veiligheid.
ARTIKEL: ANICA KRUGER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'