OUDTSHOORN NUUS - 'n Trok met 'n watertenk van 28 000 liter, is vandag in Dysselsdorp ontplooi.
Volgens Hannes Visser, woordvoerder van Oudtshoorn-burgemeester, is die hoërliggende gedeeltes van Dysselsdorp tans sonder water.
Die watertenktrok beweeg na verskillende toegankllike areas in Dysselsdorp. Die munisipaliteit vra dat inwoners wat sonder water is, houers met water kan gaan vul. "Aflewering van water deur die munisipaliteit se trokke gaan soos normaalweg voort," sê Visser.
Inwoners van Dysselsdorp besig om houers met water te vul. Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'