KLEIN KAROO NUUS - Die inwoners van Zoar het voorverlede week 850 watehouers van 20 liter elke ontvang om water vir huishoudelike gebruik te stoor.
Raadslid Memory Booysen, uitvoerende burgemeeste van die die Garden Route distriksmunisipaliteit (GRDM) het die houers op 15 Maart aan Magdalena Barry, burgemeester van Kannaland oorhandig.
Die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, en sy landbou-eweknie, minister Beverly Shafer, het die oorhandiging bygewoon.
Gerhard Otto, hoof van die distriksmunispaliteit se rampbestuur het 'n donker prentjie ten opsigte van watervoorsinening in Kannaland geskets.
Minister Bredell het gesê twee nuwe boorgate word teen 'n koste van R3,4 miljoen vir Kannalans beplan. Hy het bygevoeg dat opgraderingswerk beplan word vir die rioolsuiweringsaanlegte van Ladismith, Zoar en Calitzdorp.
Daar was nie melding gemaak in die mediaverkalring wat deur die sitriksmunispaliteit uitgereik is, van die moontlikheid van 'n nuwe opgaardam vir Kannaland wat die afgelope aantal jare in besprekings opgeduik het nie.
Kannaland se burgemeester, Magdalena Barry ontvang een van die waterhouers van Memory Booysen, die uitvoerende burgemeester van Garden Route disriksmunispaliteit.
Lees 'n vorige artikel hier: Water donated to Zoar
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'