OUDTSHOORN NUUS - Die ROAR Vrouedag het Vrydagaand, 16 Augustus, plaasgevind met die fokus op bemagtiging van vroue in sport. Hierdie jaar is vroue in sport vereer en erken tydens die UmuSA- glansgeleentheid waartydens spesiale toekennings oorhandig is aan meisies, en vroue van Oudtshoorn wat uitblink in sport en kultuur. ROAR staan vir 'Reclaim, Own, and renew'.
UmuSA is 'n oragnisasie wat 'n positiewe impak op die samelewing probeer maak deur sosiale kwessies aan te spreek en individue te bemagtig om hul potensiaal te bereik deur verskeie inisiatiewe en samewerking. Die organisasie poog om 'n volhoubare en inklusiewe toekoms vir almal te skep.
Gassprekers
Quedene Prins, uitvoerende direkteur en stigter van die UmuSA-organisasie, dr. Steve Harris, motiveringspreker, Suzane Jansen, speaker, Oudtshoorn-munisipaliteit, en Mandilakhe Matika, plaaslike Wes-Kaapse departement van sport, was van die gassprekers tydens die geleentheid.
Die onderburgemeester van Oudtshoorn, Zoë Tyatya, het die verrigtinge met 'n gebed en kort boodskap van bemoediging aan vroue geopen.
"Quedene Prins ons vier die groot werk wat jy en jou stigting in ons gemeenskappe doen. Groot werk word gedoen deur wonderlike vroue. Ons moet die lot van vroue ernstiger opneem, die stryd veg, ons moet vroue daagliks vier en nie net op Vrouedag nie," het hy beklemtoon.
In haar toespraak het Prins kortliks verduidelik wat en wie UmuSA is en waarom, veral vroue betrokke moet raak.
Toekennings
Krieket - Jane Winster
Rugy - Caroldene Ewerts
Netbal - Lloyd Lihleikhaya
Musiek / Kuns - Shinobia Saptouw
Hoe gaan dit met jou?
Harris het genoem dat vroue moet sorg vir hul liggaam, siel en gees. "Hoe goed gaan dit met jou? Oorleef jy deur welstandwater te trap of floreer jy? Stel jy jou welstand en sukses in gevaar omdat jy nie jouself en jou verstand met dieselfde toewyding as jou werk behandel nie? 'n Gedagte vir welstand gaan nie net oor reg eet en reg oefen nie, dit is nog baie meer."
Harris is bekend as 'n motiveringspreker, werkswinkelfasiliteerder, konferensiespreker en hoofspreker. asook geestesdoktor vir onder andere die Springbok-rugbyspan.
Fondsinsameling
UmuSA het hierdie jaar fondse ingesamel vir die Union Stars-krieketklub, die Oudtshoorn Vaardigheidskool en Laerskool van Reede. Volgens Suwayna Avontuur van UmuSA nooi hul plaaslike organisasies uit om hul te kontak indien hul in aanmerking wil kom vir aanstaande jaar se befondsing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’