Update
OUDTSHOORN NUUS - Al agt persone wat vanoggend na bewering by die gewapende roof by SWD Groentemark betrokke was, is deur die Prins Albert-polisie in hegtenis geneem.
Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die gesteelde geld terug gevind, asook twee speelgoedwapens.
Die rowers het, volgens Micheals, agter by die winkel ingekom en die wapens op die werkers gerig.
Hulle het van die personeel van die groentemark met kabelbinders vasgebind en na bewering een van die werkers geskop.
R30 000 en vyf selfone is in die roof gebuit.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'