Update
OUDTSHOORN NUUS - Sersant Gretchen Micheals, Oudtshoorn-polisie se woordvoerder, het bevestig dat 'n Quatum-bussie wat aan die beskrywing voldoen van die een wat vermoedelik by vanoggend se roof op Oudtshoorn betrokke was, naby Pins Albert vasgetrek is.
Speurders van Oudtshoorn is nou daarheen onderweg.
Daar kan egter nog nie bevestig word of dit die verdagtes is en of hulle in hegtenis geneem is nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'