Update
OUDTSHOORN NUUS - Die tweede openbare deelnamevergadering oor die voorgenome verkoop van 54 eiendomme wat aan die Oudtshoorn-munisipaliteit behoort, is gisteraand, 12 November, gehou. Die eerste vergadering het op Maandag 11 November plaasgevind.
Die beplande voorlegging oor 14 erwe en parkies in Bridgton en Bongolethu kon egter nie gisteraand plaasvind soos beplan nie.
Inwoners van wyke 4, 5, 6, 8 en 13 het die vergadering by die Thusong-sentrum bygewoon.
Kort ná die burgemeester, Johan Allers, se inleidende woorde het inwoners hul menings begin lug, en gemoedere het by tye hoog geloop.
Ten spyte van versoeke deur ’n munisipale amptenaar en die onderburgemeester, Zoe Tyatya, dat die burgemeester en amptenare eers die voorlegging moet voltooi, het inwoners volgehou om spreekbeurte te eis.
Ongeveer 90 minute nadat die vergadering begin het, het Allers besluit om die vergadering te sluit.
Daar was egter blykbaar konsensus dat die voorgenome verkoop van sekere parkies heroorweeg sal word.
Dit is nie duidelik of nog ’n vergadering in die wyk gehou gaan word nie.
Die laaste vergadering vind vanaand, 13 November in Dysselsdorp plaas.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’