OUDTSHOORN NUUS - Die Sukkelente Karoo is bekend vir 'n verskeidenheid van vetplante wat slegs hier voorkom. Hierdie sensitiewe biodiversiteit staar egter uiterste druk in die gesig weens onder andere, menslike aktiwiteite soos onwettige handel in bedreigde vetplantspesies. Onwettige handel in vetplante bly die ’n groot misdaad in die Wes-Kaap, met die meeste plante wat vir onwettige handel geoormerk is in Oos-Asië, waar die oorgrote meerderheid van die plante aan plantversamelaars en kwekerye verkoop word.
Beslag gelê op 650 spesies
"In die afgelope vier jaar is daar beslag gelê op 650 verskillende spesies, en meer as 1.2 miljoen wilde plante wat geoes is. Terwyl wetstoepassing, en aanmelding van onwettige oes waardevolle inligting verskaf, word daar vermoed dat minder as 25% van die handel deur Wetstoepassingsbeamptes onderskep word," noem Petro van Rhyn, algemene bestuurder: Advocacy, CapeNature in 'n persverklaring aan Oudtshoorn Courant.
Die Sukkulente Karoo-bioom, wat strek vanaf Lüderitz in Namibië, oor die weskus van Suid-Afrika, en ooswaarts tot in die Klein-Karoo is bekend vir sy hoë diversiteit van vetplantspesies. Die streek is een van slegs twee droë brandpunte in die wêreld met meeste van die spesies wat nêrens anders op aarde voorkom nie.
"Heelwat van die plantspesies wat geteiken word, word in die Sukkulente Karoo aangetref en is dikwels beperkte endemiese spesies wat soms op een enkele plek voorkom. Hulle is dus baie kwesbaar om gestroop te word so-so uitgewis te word. Ongeveer 5% van die Sukkulente Karoo-bioom is reeds verlore weens antropogeniese grondgebruik."
Rapporteer wild-en plantmisdaad
CapeNature doen 'n beroep op die publiek om wildmisdaad hok te slaan deur enige verdagte aktiwiteit wat verband hou met die onwettige versameling en handel van inheemse vetplante en diere by die naaste polisiestasie, of die volgende nommers aan te meld.
• CapeNature on 087 087 9262
• Crime Stop Tip-off line: on 08600 10 111
Lees meer in die weeks se Oudtshoorn Courant
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’