Update
OUDTSHOORN NUUS - ANC-raadslid, Magdaleen Titus wat teregtaan op die moord op haar man Preston, weier om dokumentasie te onderteken om haar van haar setel as raadslid te onthef.
Sy is tydelik deur die ANC geskors terwyl die hofsaak voortgaan.
Terwyl sy verhoorafwagtend in die Oudtshoorn korrektiewe dienste se vroue-afdeling aangehou word, kry sy steeds haar salaris en word steeds geag as 'n raadslid.
ANC-streekvoorsitter, Klasie Windvogel, het Dinsdag gesê die ANC-bestuur het reeds verskeie kere met haar gekonsulteer oor die opheffing van haar posisie in die raad.
"Sy weier om die nodige dokumentasie te onderteken en het te kenne gegee dat sy eers met haar regsverteenwoordiger oor die kwessie wil konsulteer.
Indien sy nie van haar setel in die raad onthef is nie, kan die ANC nie met die proses voortgaan om 'n proporsionele raadslid in haar plek in te sweer nie."
Speaker Julia le Roux-Krowitz het bevestig dat Titus steeds as raadslid geag word.
"Ek het nog geen dokumentasie van die OVK ontvang dat sy van haar amp onthef word nie.
"Sy word geag onskuldig te wees tot sy deur 'n hof skuldig bevind word."
Lees vorige artikels:
- Opvolg: Magdaleen Titus-borgtogaansoek
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'