OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte van die reën die afgelope maand, is werk aan die De Jager-atletiekbaan volgens skedule. Kwotasies vir die heropbou van die hele fasiliteit is in 2015 aangevra.
Die koste in daardie stadium sou R22 miljoen beloop.
Verlede jaar is 'n bedrag van R10 miljoen begroot vir die vervanging van die tartanoppervlak wat genoeg sou gewees het om 3 000 vierkante meter te doen.
Danksy goeie beplanning en uitstekende samewerking tussen die verskillende kontrakteurs, kan 'n totaal van 3 500 vierkante meter vervang word.
Gebiede wat vir vervanging geprioritiseer word, is twee binnebane, die 100 m-tuisstrek en die eerste draai. Voorbereidingswerk van die basis is afgehandel en daar word verwag dat die lê van die tartanoppervlak, volgende week sal begin.
Met die voltooiing van die huidige werk sal die hele baan in volle gebruik wees. Daar word beraam dat werk teen die eerste week in Julie voltooi sal wees.
Bouwerk aan die tartanoppervlak het net ná die Klein Karoo Kunstefees in April begin.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’