Video
NUUTSTE INLIGTING @ 09:42 - Die bakkie is deur 'n plaaslike insleepdiens uitgehaal. Volgens die Oudtshoorn-munisipaliteit (tegniese dienste) sal dit omtrent 2 weke duur om die skade aan die sypaadjie te herstel.
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man en sy drie kinders is ongedeerd nadat 'n sypaadjie in Buitekantstraat onder sy Opel Corsa bakkie meegegee het toe hy besig was om uit sy erf te ry.
Volgens Jonathan Syster, was hy op pad om sy kinders skool toe te neem toe hy 'n harde slag hoor.
Hy sê hy het dadelik uitgespring om te kyk of sy kinders veilig is omdat hy aanvanklik gedink het dat 'n ander voertuig met hom gebots het.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit (tegniese dienste) is in kennis gestel van die voorval, het Syster gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Die bakkie is kort na die voorval uit die gat gehaal. Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'