KAROO NUUS - Dit is tyd vir Kwêla se Dorp van die Jaar (DVDJ)-kompetisie vir die kompetisie in samewerking met Lottoland plaas.
Inwoners van Oudtshoorn en De Rust word aangemoedig om vir die onderskeie dorpe te stem.
Wie kwalifiseer?
Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:
• Minder as 500 000 inwoners het
• Nie ’n streekwenner in die laaste twee jaar was nie. (2022: Kroonstad, Montagu, Calvinia, Glencoe, Haenertsburg, Keetmanshoop, Cullinan, Graaff-Reinet, Pelgrimsrus. 2023: Bonnievale, Willowmore, Nieuwoudtville, Parys, Rooiberg, Hartbeespoort, Delmas, Walvisbaai, Margate)
• Vorige Wendorpe mag vir ses jaar na hulle as wenner aangewys is, nie weer deelneem nie (Jeffreysbaai - 2018, Swakopmund – 2019, Kareedouw 2020, Greyton 2021, Kroonstad 2022, Delmas 2023).
Hoe werk dit?
Stuur die dorp se naam, Oudtshoorn of De Rust, per SMS na 33157. (SMS’e kos R1,50). Inskrywings het reeds Sondag 3 Maart om 19:00 geopen en sluit Vrydag 15 Maart om 12:00. Jy kan soveel dorpies benoem soveel keer as wat jy wil (net een dorpsnaam per SMS, en soveel SMS’e as jy wil in hierdie nominasie ronde).
Daar sal uit nege streke gekies word:
- Gauteng en Noordwes saam
- Noord-Kaap
- Oos-Kaap
- Wes-Kaap
- Vrystaat
- Limpopo
- Mpumalanga
- KwaZulu-Natal
- Namibië
Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die halfeindronde (op 14 April, 21 April en 28 April). Hier kry die publiek vir ‘n week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp uit die drie semi-finaliste uit elke streek te stem.
Pryse vir die wendorp:
- R1 miljoen prysgeld van Lottoland om terug te ploeg in die wendorp.
- ’n 45 sekonde advertensie met lugtyd op kykNET ter waarde van R1miljoen.
- ’n Makietie op die wendorp om die titel te vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’