OUDTSHOORN NUUS - Die Scrosoppi-sorgsentrum is 'n nuwe sentrum in Oudtshoorn vir kwesbare kinders en bied 'n veilige ruimte waar kinders deur middel van verskeie programme gehelp kan word.
Die Scrosoppi-sorgsentrum in Wolfweg het 'n fasiliteit beskikbaargestel waar kinders nou deur middel van verskeie programme en ondersteuning van maatskaplike werkers gehelp kan word.
Tans word die volgende items benodig: Melk, suiker, aanmaakpap, tee, koffie, sopprodukte, sjampoe, versagter, tandepasta, tandeborsels, seep en waslappe.
Die goedere kan afgegee word by die Oudtshoorn- en De Rust-toerismekantoor by Voortrekkerweg 80, Oudtshoorn.
Die inisiatief word gelei deur Kenneth Mazaleni, hoof van die departement maatskaplike ontwikkeling in die Eden-distrik, en word ondersteun deur 'n komitee bestaande uit verskeie rolspelers, wat onder meer maatskaplike dienste, die plaaslike polisie, die gemeenskaps-polisiëringsforum, Kinder-welsyn, ACVV, Meals on Wheels, toerismekantore van Oudtshoorn en De Rust, asook munisipale strukture insluit.
Indien 'n kwesbare kind op straat opgemerk word, kan die publiek Maandae tot Vrydae tussen 07:30 en 16:00 die nommer 072 456 1933 skakel sodat gepaste hulp verleen kan word.
Lede van die publiek wat betrokke wil raak of die sentrum wil ondersteun, kan 'n e-pos stuur na [email protected].
Vorige berigte:
- Gemeenskap gevra om straatkinders by nuwe sorgsentrum aan te meld
- Fasiliteit gevind vir kindersorgsentrum in Oudtshoorn
- Hulp gevra om sentrum op te rig
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’