OUDTSHOORN NUUS - Lede van die SAPD op Oudtshoorn het op 25 Oktober 'n 10 km-staptog ten bate van Kansa onderneem.
Lede het 'n roete vanaf die K9 honde-eenheid buite die dorp gevolg. Al die lede het pienk gedra en diegene wat nie kans gesien het vir die stappery nie, het die roete per fiets voltooi.
Elke lid wat die roete voltooi het, het 'n sertifikaat ontvang.
'n Bedrag van R860 is ingesamel wat deur Oudtshoorn se bevelvoerder, brig. Levona Januari, aan Kansa oorhandig sal word.
Spoggerig in pienk voor die aanvang van die stap ten bate van Kansa.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'