Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - In ‘n gesprek vandag 30 November met Adel Supra-Vertrue, bestuurder by Oudtshoorn-brandweer en rampbestuur, en Mornay Thuysse, senior-brandweerman, bevestig hulle dat die brand wat gister by die Raubenheimberdam uitgebreek het tans onder beheer is.
Daar is ook ‘n grondspan vanaf Uniondale wat in bergbrande spesialieer ontplooi om die brand te bestry en beveilig.
Volgens die nuutste inligting wat Outshoorn Courant van Oudtshoorn-munisipaliteit ontvang het, het die vuur onverwags aan die suidelike kant opgevlam maar dit is nie n groot vuur nie.
Daar is tans ‘n brandweerspan op daardie brandlyn om te keer dat dit verder versprei. Die grondspanne is hard besig om die area te beveilig. Die wind kom deur op tye, maar nie so sterk soos verwag nie.
Op die oomblik is geen eiendomme in gevaar nie. Geen huise is beskadig nie, daar was geen lewensverlies of beserings nie.
VIDEO - Gesprek oor die Raubenheimerdam-brand (Video: Sonia Wahl).
Vorige artikels:
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'