OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-sopkombuis van Phillip Seroux, voorsitter van die Oudtshoorn-gemeenskapspolisiëringsforum het Maandag 18 Augustus in samewerking met Natural African Queen-haarprodukte uitgereik na ’n groep inwoners van Buffelsdrift en hulle bederf met sop, vrugte en klerasie.
Volgens Seroux is dit deel van die sopkombuis se beleid om uit te reik na diegene wat dit nie breed het nie.
Hy het sy dank uitgespreek teenoor die Gysman-egpaar, Henricus en Nirvana, van Natural African Queens, vir hul bydrae om die geleentheid moontlik te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’