Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Lede van die openbare-orde polisie het vanmiddag vyf persone in hegtenis geneem na aanleiding van vanoggend se betoging op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust.
Die betoging het gevolg na ‘n gesamentlike operasie vanoggend van die SAPD, departement van immigrasie, SAID, departement van arbeid en munisipale wetstoepassers.
Huiswinkels en boupersele is besoek om persone wat onwettig in die land is te identifiseer.
Volgens kapt Louis Visser van die Oudtshoorn polisie het verskeie vermeende onwettige immigrante weggehardloop toe die span die boupersele in Rose Valley besoek het.
Vyf persone is aangekeer waarvan vier in aanhouding is.
Volgens Visser het inwoners kort daarna oproerig geraak waarna hulle die pad versper het.
Die eenheid vir openbare orde polisiëring is vanaf George ontbied. Hulle het om ongeveer 12:00 op die toneel aangekom en die betogers uiteen gejaag en vyf mense in hegtenis geneem.
Lees vorige nuusflitse:
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, of aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'