Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Die pad tussen Oudtshoorn en De Rust is gesluit as gevolg van 'n betoging.
Inwoners van Rose Valley het die pad versper nadat die polisie vanoggend 'n aantal onwettige immigrante in hegtenis geneem het.
Die inwoners sê die immigrante werk aan nuwe huise wat nou nie voltooi kan word nie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Kyk 'n video hieronder.
Betogers versper die pad. Foto: Hannes Visser
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'