Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS - Philip Seroux, plaaslike voorsitter van die Oudtshoorn Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het vandag vanmiddag, 8 Augustus 'n verrassingsbesoek
afgelê by Ouma Sarie Kemoetie (75) as deel van Vrouemaand, en Vrouedag wat môre 9 Augustus plaasvind.
Ouma Sarie het 'n herstelde huis ontvang op Mandeladag. Rolspelers vanuit die plaaslike gemeenskap, Korrektiewe dienste en plaaslike besighede het verlede maand die projek aangepak.
Daar is egter nog werk nodig aan die huis, veral binne. Seroux het met Oudtshoorn Courant gesels.
Video:
Vorige berig:
Fotogalery: "n Nuwe huis vir ouma
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’