Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vrou wat in gisteraand se ongeluk op die Calitzdorp-pad oorlede is, is aan die Oudtshoorn Courant geïndentifiseer as Mary Veldman.
Sy was in 'n rolstoel toe 'n vragmotor haar naby die Mosselbaai-afdraai raakgery het.
Die man wat die rolstoel gestoot het en later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het, is op die stadium slegs as Willem bekend.
Mary en Willem was twee van die haweloses wat verlede jaar in Vredestraat op die sypaadjie gewoon het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
Lees 'n vorige nuusflits: Vrou in rolstoel doodgery
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'