NUUTSTE INLIGTING | 21:48: Ons het pas verneem dat die man wat die rolstoel gestoot het, aan sy beserings in die hospitaal beswyk het.
CALITZDORP NUUSFLITS - 'n Vrou in 'n rolstoel is vroeër vanaand op die Calitzdorp-pad naby die Mosselbaai-afdraai deur 'n vragmotor doodgery.
Die man wat die vrou se rolstoel gestoot het is met hoofbeserings na die hospitaal geneem.
Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Op die ongelukstoneel vanaand.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp nuus'