OUDTSHOORN NUUS - Hoogstraat is skoongemaak ná protestoptrede deur taxibestuurders vroeër vanoggend.
Die betogers het rommel op die padoppervlak aan die brand gesteek.
Volgens organiseerders van die protesoptrede, is hulle ontevrede met die toestand van ablusiefasiliteite by die taxistaanplek.
Die burgemesster, Colan Sylvester, het die betogers se griewe aangehoor, en onderneem om dit op te volg.
Die betogers is na die gesprek vreedsaam uit mekaar.
Hoewel sommige besighede hul deure tydens die protesoptrede gesluit het, was daar geen geweld of gevaar van geweld nie. Berigte dat verskeie strate gesluit was en dat die middedorp onveilig was, is oordrewe. Slegs 'n klein gedeelte van Hoogstraat was gesluit.
Lees 'n vorige artikel: Taxibestuurders sluit straat
'Ons bring jou die nutuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'