Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Verskeie taxibestuurders is besig met protesoptrede in Hoogstraat.
Hulle is ontevrede met die toestand van ablusiefasiliteite by die taxi staanplek.
Die polisie is op die toneel en het 'n boodskap aan die munisipaliteit gestuur om amptenare te stuur om met die taxibestuurders te kom gesels.
Verskeie besighede in die omgewing het hul deure gesluit as voorsorgmaatreël.
Kyk twee video's hieronder.
Die groep dring daarop aan om met 'n amptenaar van die munisipaliteit te praat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'