Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Ses mense en twee honde is vanoggend beseer in 'n botsing tussen 'n polisievoertuig en 'n Polo op die kruising van St Georgesstraat en Voortrekkerweg.
Volgens 'n insittende in die Polo was hy en sy vriendin in De Rust se rigting onderweg.
"Die polisie voertuig het in die teenoorgestelde rigting gery en wou by St Georgesstraat indraai toe die botsing gebeur het. Die bakkie het op sy dak te lande gekom."
Daar was twee mans agter in die polisie vangwa wat vir nek- en rugbeserings behandel is. Dit blyk ook dat die een insittende se been seergekry het.
Die twee polisiebeamptes is ook vir nek- en rugbeserings behandel.
Die man, wat aan die passasierskant van die Polo was ten tye van die ongeluk het 'n ligte knie-besering opgedoen en die vrou is nie beseer nie.
Die twee honde is na die veearts vir behandeling geneem.
Dit blyk ook dat die een insittende se been seergekry het.
Lees 'n vorige artikel hier: Polisievoertuig in botsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'