Update
OUDTSHOORN NUUS - Die hof het pas verdaag vir middagete en hervat weer om 14:00.
Ao. Martin le Roux, ondersoekbeampte in die Preston Titus-moordsaak, het vandag getuig dat die staat borgtog teenstaan omdat daar bewyse is dat Maggie Titus, Preston se vrou en ANC-raadslid van die dorp, met die saak verbind kan word.
Die bewyse waarna hy verwys het is selfoonrekords, foto’s, SMS-boodskappe en Sixabiso Klip se pleitooreenkoms.
Volgens Le Roux is Maggie ook deur die ANC herroep.
Adv. Michelle Weyers het tydens haar ondervraging gevra of daar ‘n moontlike motief vir die moord is.
“Dit blyk dat die motief finasieel van aard was.
"Die oorledene het ‘n aantal polisse gehad wat na die beskuldigde sou gaan as hy sterf.
"Dit blyk ook dat sy ‘n liefdesverhouding met MJ gehad het en dat sy MJ finansieël wou onderhou,” het Le Roux getuig.
MJ is een van die verdagtes in die saak wat steeds nie in hegtenis geneem is nie. Le Roux het egter aangedui dat hy nie nou al wil uitbrei oor die redes nie omdat dit moontlik die saak kan belemmer.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Borgtogaansoek duur voort
- Weermagmoord: Borgaansoek vandag in hof
- Weermagmoord: Borgtog aan Mooi geweier
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Verdagtes bly in aanhouding
- Weermagmoord: Verdagtes in hof
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'