Update Video
DYSSELSDORP NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn Courant kon intussen bevestig dat die meisie wat 'n paar uur gelede vermoedelik in Dysselsdorp se kanaal verdrink het, se naam Rhodesia "Jonalien" Gelant (9) is.
Gelant is volgens haar ouma, Katrina Jansen 'n leerder by Dysselsdorp Primêr.
Wildene Stalmeester (13), een van die meisies wat teenwoordig was ten tye van die noodlottige voorval het in die teenwoordigheid van haar ma aan die joernalis gesê dat sy, Rhodesia en haar niggie Dareldine "Minatjie" Stalmeester (10), op pad huis toe was toe hulle besluit het om by die kanaal te gaan speel.
"Ons wou met ons voete toets of die water warm of koud is. Ons het op die rand van die kanaal gesit toe Minatjie ingeval het. Jonalien het toe ingespring om haar uit te haal.
"Dis toe dat sy af in die kanaal gedryf het. Op daai oomblik het die ooms gekom en Minatjie gered."
Reddingswerkers en duikers is tans op die toneel.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige berig: Jong meisie verdrink in kanaal
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Karoo nuus'