Gallery
DYSSELSDORP NUUS - Twee jong meisies het vanoggend omstreeks 10:00 in Dysselsdorp se kanaal beland.
Volgens 'n ooggetuie, David September, kon hy en drie ander mans slegs een van die kinders red.
"Ek was vanoggend na my familie op pad toe ek kinders hoor gil. Ek het dadelik die bult by die kanaal uitgedraf om te kyk wat aangaan. Toe ek bo kom was twee jong meisies in die water.
"Ek het plat op my maag langs die kanaal gelê om een van die kinders te red. Die ander meisie was buite ons bereik en ons het al langs die kanaal gehardloop om haar te probeer red, maar die stroom was te sterk, " het 'n emosionele September gesê.
Volgens inligting verskaf aan die Oudtshoorn Courant is die sluise van die kanaal gesluit in 'n poging om die ander vermiste kind te vind.
Fotogalery: Meisie verdrink in kanaal op Dysselsdorp
Die polisie en ambulansdienste is tans op die toneel.
David (Daad) en sy vrou Cornelia September. Foto's Wyndham Ewerts
Die kanaal is sedert verlede Maandag vol water wat van die Stompdriftdam tot by Warmbad naby Calitzdorp afgevoer word.
Die Stompdrift-Kammanassie Watervoorsieningsraad het die water toevoer onmiddelik afgesluit terwyl die soektog na die kind aan die gang is.
Die landbouwater sal vir nog meer as n week vloei as die toevoer later weer oopgemaak word.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'