OUDTSHOORN NUUS - Brandspanne van Oudtshoorn-brandweer, Tuinroete-distriksmunisipaliteit en Cape Nature is op die toneel waar die brand vroeër vanmiddag ontstaan het. Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het die brand aan die voorkant van die pad wat bokant die Raubenheimerdam verbyloop ontstaan.
"As gevolg van die wind het die brand oor die pad gespring."
Sy sê verder dat brandbestryders daarin kon slaag om te voorkom dat die brand drie houthuise wat 'n ent van die dam af is, bereik. "Die brand versprei tans in die koppe bokant die dam, maar daar word gehoop dat koeler weer vanaand die intensiteit van die brand sal laat afneem."
Vorige artikels:
- Opdatering van brand by Raubenheimerdam
- Sterk wind bemoeilik brand by Raubenheimerdam
- Brand in Schoemanshoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'