Update
OUDTSHOORN NUUS - Die ontbinde liggaam van ‘n mens, wat vroeër die maand in ‘n kanaal in Dysselsdorp gevind is, is nog nie geidentifiseer nie.
Dysselsdorp-inwoners was onlangs uiters geskok nadat ‘n erg ontbinde liggaam in die waterkanaal gevind is.
Die ontdekking was glo deur twee mans, wat in die kanaal wou gaan visvang, gevind.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die week aan die Oudtshoorn Courant bevestig dat die liggaam nog nie geidentifiseer is nie.
“Die persoon se liggaam was reeds in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.
DNS-monsters van die oorskot is na die SAPS se laboratorium gestuur vir ontleding en dié proses kan moontlik na die identifisering van die persoon lei.
Vorige Artikel: Skok oor ontbinde liggaam in kanaal
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'