LADISMITH NUUS - Na bykans drie jaar sonder ’n voltydse pastoor in die gemeente, het die Evangelies Lutherse Kerk in Ladismith weer ’n voltydse prediker.
Die gemeente was vir die afgelope tyd een keer 'n maand deur prediker Earl Frans wat vanaf Mosselbaai moes reis, bedien.
Pastoor Sandra Vorster, ’n boorling van Rietfontein in die Vrystaat, sal nou die gemeente lei. Sy vertel dat sy uit ’n familie van predikante stam, waarvan die bekendste in Lutherse kringe, die bekende deken Gertjie de Vries Bock is.
Vorster sê dat sy 'n passie vir haar werk het en dat pastorale werk reeds 'n geruime tyd nie meer as 'n werk slegs vir mans gesien word nie.
"Dinge verander vinnig. Ek kan niks sonder die Here doen nie, en ek is hier om God te dien, nie mense nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’