OUDTSHOORN NUUS - Elizmari Sieberhagen is onlangs as die nuwe hoofrisikobeampte van die Oudtshoorn-munisipaliteit aangestel. Sieberhagen was voorheen werksaam by Drakenstein-munisipaliteit waar sy verantwoordelik was vir verskeie risikobestuuraktiwiteite binne die afdeling.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, bring Sieberhagen se uitgebreide ondervinding waardevolle insigte om die munisipaliteit se risikobestuurstrategieë te verbeter.
"Met meer as sewe jaar se ondervinding in plaaslike regering, sal sy 'n deurslaggewende rol speel in die bevordering van 'n kultuur van risikobewustheid by die munisipaliteit en die vaslegging van risikobestuursprosesse in bedrywighede om te verseker dat die munisipaliteit 'n doeltreffende risikobestuurstelsel in plek het," het Mle gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’