Update
OUDTSHOORN NUUS - Die familie van die twee kinders wat Sondagaand 'n in ongeluk op die Calitzdorp-pad dood is, sê hulle is steeds geskok oor die voorval.
Mia Viola Lewis (8) en Jamy-Lee Brucelin Jonas (15), twee niggies, was saam met vier ander persone agter in die Caddy-bakkie toe die ongeluk gebeur het.
'n Familielid wat ook in die ongeluk was, maar saam met die bestuurder voor in gesit het, het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat hulle van Calitzdorp af op pad terug was na Oudtshoorn toe die ongeluk gebeur het.
Die voorste passasier en die bestuuder is nie beseer nie.
'n Ford Ranger-bakkie het volgens die familielid ook in Oudtshoorn se rigting gery toe die bakkie 'n U-draai regvoor hulle gemaak het.
"Ons het die ongeluk probeer vermy deur na die ander baan toe swaai, maar het met die bakkie gebots. Die Caddy het 'n entjie op twee wiele gery en die canopy agterop die bakkie het met die impak van die ongeluk afgebreek. Die mense agter in het uitgeval."
Mia Viola Lewis (8).
Mia se ma, Judith, pa Jumarius, is ernstig beseer. Hulle was deel van die vier insittendes agter in die bakkie.
Jumarius is in George-hospitaal terwyl Judith by die huis aansterk.
Kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê 'n klag van strafbare manslag word ondersoek, maar niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Lees die volledige berig in Vrydag se koerant.
Lees 'n vorige artikel: Kinders sterf in botsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'
Foto's: 144035 - Mia Viola Lewis (8)