Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die groep mense wat op die N12 betoog, het ooreengekom om die pad oop te maak.
Die burgemeester het pas opgedaag en het die betrokke behuisingsamptenaar gevra om die mense te woord te kom staan.
Die brandweer is besig om die vuur blus en die pad op te ruim. Die pad behoort binnekort oopgestel te word.
Die groep mense wat die pad versper is die Backyard Dwellers of Hope.
Hulle is ontevrede omdat daar nog niks omtrent behuising vir die agterplaasbewoners gedoen is nie en is nou vasbeslote om tussen die gholfbaan en die begraafplaas te plak.
Hulle het reeds begin om 'n stuk grond skoon te maak waar hulle beplan om te plak.
Kyk video's hieronder.
Terwyl die brandweer die vuur blus en die pad opgeruim word, wag die groep mense vir amptenare om hulle te kom toespreek.
Lees 'n vorige artikel: De Rustpad gesluit
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, KIein Karoo nuus'