OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit is besig om die toepaslike beleide en regulasies, asook wetlike verpligtinge rondom die diensterekening van CP Nel-museum deeglik te hersien en te bestudeer.
Die kwessie rondom die diensterekening is tydens ’n raadsvergadering op 25 Augustus bespreek.
Oudtshoorn-munisipaliteit het twee weke gelede ’n uitstaande rekening van R980 000 vir water, elektrisiteit en dienste sedert 2016 aan die museum gestuur, rente ingesluit.
Volgens die huidige interpretasie van die beleid het CP Nel-museum nie ’n verantwoordelikheid om die bedrag te betaal nie.
By navraag aan Oudtshoorn-munisipaliteit het Christo Vermaak, woordvoerder van burgemeester, Johan Allers, genoem dat die aangeleentheid steeds ondersoek word en in geheel oorweeg om regverdig en volgens wetlike voorskrifte afgehandel te word.
Tydens die bespreking in die raadsvergadering kon die partye nie konsensus bereik oor die kwessie nie met sommige raadslede wat van mening is dat die museum is ’n kosbare erfenis is wat bewaar en ondersteun moet word, terwyl die Demokratiese Alliansie by monde van raadslid Johan Fourie blatant genoem het dat CP Nel-museum nie ’n arm instelling is nie.
Fourie was van mening dat die munisipaliteit reeds meer as genoeg vir die museum gee. “Ons kan nie hierdie voorstel ondersteun nie, hulle kry genoeg geld.”
Vorige berig:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’