Update
OUDTSHOORN NUUS - Willie Proudfoot wat vandag buite Oudtshoorn in 'n motorfietsongeluk was, is stabiel in die George Mediclinic en het groot lof vir Oudtshoorn se nooddienste wat binne minute op die toneel was.
Volgens sy seun het Proudfoot n gebreekte hand en verskeie kneusplekke. X-strale het geen fraktuur aan sy linkerbeen gewys nie. Sy handbeentjies sal tydens n operasie herstel word.
"Ons wil n groot groot dankie sê aan die nooddienste wat my pa gehelp het. Julle was fantasties!" het Willie jnr vanaand telefonies gesê.
Lees 'n vorige artikel hier: Motorfietsryer beseer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'